Poste

Grafiesevideo-ontwerper (Motion graphic designer)

Forum Films is ’n nuutgestigte videoproduksiemaatskappy wat deur AfriForum gestig is. Vir meer inligting oor Forum Films kyk na die volgende skakel

Die doel van Forum Films is om dinamiese multimediaprojekte aan te pak met die doel om die Afrikaanse gemeenskap op hoogte van aktuele sake te hou wat met hul burgerregte verband hou, asook om die Afrikaanse kultuur te ontwikkel en bevorder.

Die pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer. Om vir die pos te kwalifiseer, benodig jy ’n tersiêre kwalifikasie of drie tot vyf jaar ondervinding in die TV- of film-en-advertensiebedryf. Die pos is vir ’n senior grafiesevideo-ontwerper en animeerder (motion graphics and animation).

Die persoon wat vir hierdie pos aansoek doen, moet welbekend wees met die Adobe-pakket, veral After Effects. Enige ervaring van kamera- en klanktoerusting is ‘n groot aanbeveling. Die suksesvolle persoon moet ervaring hê in grafiese ontwerp, multimediaontwerp, videografie en videoredigering, -illustrasie en -klankontwerp.

Kennis van Adobe Creative Suite: Advanced Knowledge in Adobe Photoshop, Adobe Illustrator, Adobe After Effects en Adobe Premiere Pro sal in die kandidaat se guns tel.

Die sleutelverantwoordelikhede van dié rol vereis ondervinding in die bogenoemde rekenaarprogramme en grafiese ontwerp. Die persoon moet onder druk kan funksioneer en kreatief wees en baie goed in ’n span inpas.

Indien jy in dié profiel pas, stuur asseblief voor of op 20 Maart 2018 ’n Afrikaanse weergawe van jou CV sowel as ’n showreel van jou vorige werk aan Minette Keyter by minette.keyter@forumfilms.co.za

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.