Die span

Oor ons:

Forum Films is ’n volspektrum-produksiehuis vir televisie-, bewegingsgrafika-, animasie- en speelprente. Ons moderne ateljee in Centurion is die tuiste van ’n dinamiese span regisseurs, redigeerders, vervaardigers en skrywers met jare se ondervinding in die bedryf. Ons span bestuur ook konsepontwikkeling en alle aspekte van die produksieproses, insluitend verspreiding en bemarking. Kontak ons vandag nog en gesels met enige van ons kreatiewe personeellede oor ons gehaltegedrewe alles-in-een-videoproduksiediens.